|

Kry die nuutste brokkies nuus rakende BroedersAncestors en Casper net hier! Lewer jou kommentaar deur middel van die Vatte-Hap forum.
4 JUNIE 2009 CASPER OP MK LIVE Casper is more-aand op MK LIVE om 20h00 om te help vier aan hulle 100ste episode. Moet dit nie misloop nie! CASPER GENOOI NA VOLKSBLAD FEES IN BLOEM Casper is genooi na die VolksBlad fees in Bloemfontein - wat hy aanvaar het en BroedersAncestors sal dus nou in Bloem te sien wees - al is dit in 'n skoolsaal (Grey). Daar is 2 shows - besprekings via Computicket op hulle VOLKSBLADFEES website. Die shows in Bloem is 16 en 18 JULIE
|
| 1 JUNIE 2009 Casper VERJAAR VANDAG. Baie geluk Casperrrrrrr! Alle Casparians kan hulle gelukwense via die Vatte-Hap forum rig, ons sal seker maak hy kry elke een!
KOOP HEAT MAGAZINE hierdie week - daar is 'n volblad feature oor Casper. Hier is 'n voorsmakie - om die hele storie te sien, kry jou uitgawe vandag of besoek www.heat.co.za

|
| 28 MEI 2009 PATIENCE gebruik BroedersAncestors as platform vir nuwe produk. Patience Candida April het die afgelope weke tydens die BroedersAncestors vertonings, hierdie gewilde vertoning gebruik om haar nuwe produk, SON STEEK te bemark. Volgens haar agent is al die Casper karakters gebruik vir die promosie materiaal en is hulle te sien met die produk-in-hand (so to speak) op onder andere LIMITED EDITION souvenir poskaarte. Indien jy meer van hierdie produk wil weet, maak seker jy besoek die CasperShop by die vertoning. Daar is spesiale aanbiedinge op verskeie Casper de Vries Merchandise. Die LIMITED EDITION souvenir poskaarte is tans slegs by die vertoning beskikbaar!
Bo: Patience in haar nuwe advertensie vir haar nuwe produk

Bo: Casper hou een van die LIMITED EDITION souvenir poskaarte vas waarin Hanno gebruik word om Patience se nuwe produk, SON STEEK te bemark.
|
| 28 MEI 2009 Brokkies
Oom Kallie op GPS! De fans have spoken = EERSTE STEM op GPS van Casper-karakters sal Oom Kallie wees! Behoort binne max 2 maande beskikbaar te wees by Garmin. BroedersAncestors Promos Kyk uit vir die 4 Promos vir BroedersAncestors - ons het 'n voorsmakie daarvan op hierdie website, maar Hanno, Blertsie en Oom Kallie kruip iewers op die web weg met die ander... |
| 21 MEI 2009 DURBAN datums bekend! Casper se BroedersAncestors show sal op 13, 14 en 15 Augustus 2009 in die Sibaya Casino te siene wees! Besprekings open 1 Junie op Computicket. Aan alle Durbaniete, maak seker jy bespreek jou kaartjies vroegtydig! |
| 20 MEI 2009 Nuwe besprekings oop en DURBAN vind skielik datums!
Alle Casparians - Stellenbosch se bookings het vandag geopen op Computicket - bespreek nou! In verdere ontwikkelinge wil dit blyk asof DURBAN Sibaya moontlike datums het vir BroedersAncestors vertonings - hou hierdie seksie dop vir verdere inligting! |
|  | | 02 MEI 2009 Egoli-kykers wil meer van Koert se gay pa’s hê
Die M-Net-sepie Egoli is die afgelope week oorval deur ontstoke kykers wat meen die twee gay karakters Duifie en Faan moet summier teruggebring word. Kliek hier om die volledige Rapport berig te lees! Links: Casper de Vries speel Duifie in Egoli. By hom is die akteur André Stolz, wat Faan speel. (Foto: Egoli)
|
|
29 APRIL 2009 Behind the scenes op BroedersAncestors
Ons kuier by Casper op die film stel in Johannesburg, besig om sketse te skiet vir sy nuwe show BroedersAncestors. Gaan na die FOTO seksie om 'n voorsmakie te kry. 25 APRIL 2009 Casper word Pa in Egoli
As jy van die Egoli episodes gemis het waarin Casper die rol vertolk van Duifie, hier is 'n voorsmakie van wat te siene is. Ons lys graag 'n paar skakels van webtuistes waar julle episodes en foto's kan kyk asook meer kan lees. Dankie vir die Casparians wat kommentaar in ons Vatte-Hap forum gelos het rakende Casper se Egoli episodes.
Kyk episodes via KuduClub.com Besoek die MNET webwerf kyk foto's Lees wat BEELD lesers skryf Lees die VOLKSBLAD artikel

Casper as Duifie in Egoli, nou op jou kassie Foto: MNET
21 APRIL 2009 VOLKSBLAD
Casper de Vries vanaand in sepie te sien Die grapjas Casper de Vries maak vanaand sy sepie-debuut. Lees meer
17 APRIL 2009
Kyk uit vir Casper in volgende week se Egoli episodes!
 Aandag alle Casparians! Hier is die gulde geleentheid om jou idee vir 'n T-shirt slogan moontlik binnekort te dra! Ons is opsoek na kort sê-goed wat die afgelope jare sinoniem geraak het met Casper - jy kan jou voorstelle via die Vatte-hap forum submit, of besoek die Facebook groep!
01 APRIL 2009Doodsklokke vir Sand - Mnr. Spirit Manyobo se gesprek met Volksblad is vir my die finale bewys dat ek reg is oor die doodsklokke wat lui vir ’n gesonde toekoms vir Pacofs en die Sand du Plessis. Teater is nie ’n welsynsorganisasie nie, dis ’n besigheid. Lees meer
27 MAART 2009 Volksblad artikel

 Lewer jou kommentaar deur middel van hierdie forum.
|
NUUS 27 MAART 2009
Kaapstad (Artscape Theatre) BESPREKINGS is nou OOP Stellenbosch Datums bevestig (Gaan na TOER seksie op hierdie webwerf vir meer inligting) ALLE CASPARIANS! NUUSFLITS! VOLKSBLAD 26 MAART 2009 Nataniël en Casper soek 'n saal Hoor niks van Pacofs nie Elsje Blair
VAN Suid-Afrika se gewildste vermaaklikheidsterre is só teleurgesteld in Sukovs se bestuur, dat Bloemfontein dalk nou gaan uitmis op dié sterre se plaaslike vertonings in die Sand du Plessis teater.
Casper de Vries en Nataniël wag nou al maande lank dat Sukovs se bestuur vir hulle datums vir optredes kan vasmaak. Dié sterre sê albei hulle tree al vir jare hier op, maar vanjaar, onder die bestuur van mnr. Wits Lesenyeho, waarnemende kunshoof by Sukovs, kom die bestuur net nie terug na hulle toe om vir hulle te sê waneer hulle kan optree nie.
Toe Volksblad se verslaggewer self na die Sand du Plessis teater gaan om by Lesenyeho uit te vind hoekom die proses só sloer, is die verslaggewer saam met sekuriteitsbeamptes uit dié teater vergesel.
Lesenyeho was baie kortaf en het eers nie geweet wie Nataniël is nie. De Vries het gister aan Volksblad gesê: "Ek doen 'n landwye toer met my opvoering BroedersAncestors in ons beste teaters. Almal onderhandel onmiddellik met my oor datums. Maar vir die eerste keer sedert ek in Bloemfontein optree wag ek in doodse stilte op enige piep van Sukovs af. Dis tog ongehoord! Ek wag sedert 21 Januarie vir Sukovs om my te laat weet wanneer ons in die Sand kan optree" het Casper gesê. Mnr. Charl du Plessis, bestuurder van Nataniël, sê: "Ons wag al vyf maande vir Sukovs om terug te kom na ons toe. Dis skandalig. Nataniël wil middel November in Bloemfontein optree, maar Sukovs steur hulle nie aan ons nie. Dit was nie altyd só nie. Ons sal maar in 'n skoolsaal hier moet optree" het hy gesê. Casper sê daar is aan hom gesê die rede vir die vertraging is omdat die CEO eers 'n besluit moet neem‚ oor elke versoek om die teater te huur.
Casper sê na weke en weke se gewag het hy 24 Maart Sukovs gebel om te hoor wat aangaan. "Ek het nog nooit so 'n ervaring met Sukovs gehad nie. Ek bespreek al sedert 1989 teaters daar en speel sedert 2003 elke keer in die Sand du Plessis. Ek is toe teruggeskakel deur 'n man met die naam Wits (Lesenyeho), wat my meegedeel het "his board has not yet decided about my booking". Hy was van die begin af lekker nors en ongeskik met my. Ek het hom dadelik gesê ek kan nie glo hoe onprofessioneel Sukovs skielik geword het nie, en dat dit verstommend is dat 'n klient van hulle, wat jaar na jaar alle shows uitverkoop, só behandel word. Hy het al hoe harder en harder begin praat en my probeer doodpraat. Hy wou nie luister na wat ek sê nie, en op my gegil dat ek hom nie moet voorskryf hoe hy sy werk moet doen nie."
Leseeho se reaksie op De Vries en Nataniël se navrae was: "As gevolg van ons kunsprogram wat binnekort goedgekeur sal word, is ons nie in staat om jou bespreking te bevestig nie. Hoewel, sodra daar aan die kunsprogram aandag gegee word, sal ons op u versoek reageer."
Volksblad het hierna vir hom gevra hoe dit moontlik sal wees, aangesien hy vyf maande vat om op 'n klient se versoek te reageer, het hy die verslaggewer uit die gebou gejaag en verban van die gebou. Hy sê ook De Vries maak leuens op en dat hy nooit met kliente so onbeskof sal wees nie.
"Mag mens dan nou skielik nie meer die teater huur nie? Moet 'n raad besluit of ek goed genoeg is om daar op te tree al dan nie? Dit klink mos vreeslik na die ou dae, die vammelee dae..."
"Ek is besorgd oor die toestand van ons teaters, en ek dink daar is net een rigting vir die Sand en Pacofs... en dis af... en dit maak my baie hartseer" het De Vries gesê.
|
|