BroedersAncestors is Casper se splinternuwe vertoning vir 2009. En dit beloof om 'n nuwe kant van Casper te openbaar - soos 'n mens heel duidelik uit die produksie kunswerk en titel kan aflei.
 

Hierdie nuwe vertoning volg die sukses van Mondig, 'n produksie wat Casper se 21 jaar in die vermaaklikheidsbedryf gevier het. Broeders Ancestors - 'n nuwe show oor verre verledes, vreemde voorvaarders en vrot appels. Casper en sy karakters gaan krap waar dit nie jeuk nie - hulle verre verlede en hulle voorvaders se geskiedenis. Met Casper, Oom Kallie, Hanno, Blertsie en die hele gespuis op een verhoog, kan gehore en gesoute Casparians gerus kom kyk na hoe ver die appel werklik van die boom val...